Monday, October 30, 2006

Die meerkat in die somerson het sowaar 'n hobby!!!
PietTarries se woning by die see!!!!!!!!

Tuesday, October 10, 2006

Graaff-Reinet
Net buite Graaff-Reinet le hierdie klein paradys en ook die woning van die akkedis (sien onder).
Vrystaat!!!!
Dis is alweer daardie tyd van die jaar!!!
Die wittruie!!!!!!

Monday, October 02, 2006

Adolph
In die winter van '74 het hierdie indivudie die tog aangepak en homself voorbery vir die slag van die Somerson. Met die merkat reeds op vrye voet en die tyd stadig besig om uit te loop, was daar net een uitweg...
Net na sononder is die tog aangepak en Adolph is nooit weer gewaar nie.

Riaan & JP...
... en toiletpapier en skoene en mags... Ek hoef niks verder te se nie

Saturday, September 30, 2006

Sing
Die gekunstelde het saamgedrom en met musiek die meevoering van ode en die sameswering van boheemse samesyn bevestig.Met die woorde van "red die saaier, skiet die maaier" word die geboorte van verdere teenstellings en bevindinge rondgeslinger. Die donkerte begin wel met sy swelling en in die gees van die wingerd word die filosofiese benadering sterker en die fondamentele vrae van bestaan en alles rondom aangeraak. Met klanke van vingers op snare en stemme word als duidelikker, maar sink tog weg in onaangeraakte vrese. Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars, deur Hy wat ons liefgehad het...


Thursday, September 28, 2006

Prosudure vir die Versadiging van wyn.
Wyn is 'n primitiewe alkoholiese drankie wat saam met verskeie geregte tot 'n wenkombinasie bydrae. Wyn kan egter ook op 'n alternatiewe wyse, verwyderd van geregte, genuttig word. As individuele aanvulling tot die daaglikse vloeistof-inname vorm wyn 'n melancholiese verwesentlikking van die siel en sy onmiddellikke omgewing. In figure 1 tot 3 word die nuttiging van die alombekende alternatiewe wyse ten toon gestel soos dit in die natuur figureer.

Fig1-3.
Die Son Skyn Al Heeldag.

Die fotos vertel van 'n interresante "incounter" met 'n akkedis:-)
Hy't my lank laat wag voor hy uiteindelik uitgekruip het en heel bewus van my teenwoordigheid in die son gaan bak het.
OOO Vleisfees!!

Calvinia Vleisfees, 2006. Philip en Leonard (Zap)
'n Naweek van stof, beeskak en genoeg dronk boere vir 'n tweede oorlog.
Meet the babybirds!

Wednesday, September 27, 2006

Windpomp in die Hantam.
Van Ryneveldspas Dam
Die dam het in 1986 laas oorgeloop. Hier staan ek twintig jaar later en sien hoe die water oor die wal stoot met die hulp van die wind. Amper...

Tuesday, September 26, 2006

Peacepipe

Die Vryheids-Indiaan besig om sy peacepipe te stop. Gaan rook 'n pyp
HIER!
Wink wink...
In die donker woestyn het die winter stadig nader getrek terwyl die swart manderyn en sy blaffende kamaraad agter die verborge koppies geskuil het. Met die swaar gedagtes van die vorige dag moes hy homself uit die kloue van die koue kry. Met die houtsteel en gebreekte swastika vleg hy vinnig twee stukke leer aanmekaar. Die een riem van die verlore bees in die vlei en die tweede...

Die tweede van sy getroue kamaraad.
Kobus en Riaan

Hier het ons te make met twee rare spesies. Die Atlametiese Koringkat (Lings) en die Bengaalse Bos-aap (regs). Met verweerde siele word getuienis afgele van 'n 30-3 nederlaag.
Ek, Casper, Darryl, Riaan, Jp.
Daar was vyf in die middag toe son begin sak. en in die middel was hul enigste voorraad. Hopeloos te min vir die verbyskurende tyd. Iemand sou moes sterf. Maar wie...?
Chippies, he knows something.
Hantam

In die verbete stryd teen alles in jou
is daar iets in jou en jy in iets.
Deur draaiende geboue
In 'n tydstip van angs
Staan nuwe lewe voor jou
en verdryf alle vrees van godloosheid.
Calvinia vleisfees. Pragtige dametjie in die middel.

Monday, September 25, 2006

'n Meerkat in die somerson.
Die verhaal van die meerkat in die somerson word nie sommer met gemak in gesprekke gedeel nie. Dit is juis waaromhierdie gedierte nie sommer in die publiek verskyn sonder genoegsame waarskuwing nie. In die winter van 74 het hierdie gedierte onmin gesaai in nie minder as 365 dae van die jaar nie. 74 het bekend geword as die jaar van die meerkat. Die jaar van die meerkat word gekenmerk deur die verskyning van 'n eienaardige gedoente op klokslag 12uur. Onmin word dan gesaai vir die res van die middag tot om en by 4uur wanneer die meerkat vir 'n Shwaraih, beter bekend as die MeerkatMiddagMaal, gaan. In die geval van 'n sonsverduistering sal die meerkat bekend staan as die meerkat in die somerson-voor-maan of meerkat in die somermaan-voor-son. Die meerkat beweeg grasiuees en maak gebruik van sy agterpote om homself in bome, gate, struike of dongas te posisioneer. As die meerkat in die somerson homself geposisioneer het, maak hy hom reg vir die "Sprong van Onmin". In hierdie beweging gooi die meerkat in die somerson homself in 'n voorsteunposisie gelykstaande aan 45grade tot die naaste trujek. Die voorsteunposisie word gevolg deur 'n allemuntige verstrek van die onder duie waarmee die meerkat in die somerson homself dan verander in 'n vlieƫnde faandel. Wanner die Meerkat in die somerson die beweging met sukses uitgevoer het, word dit herhaal tot en met 4uur die middag.
Soos die droogte deur die ruwwe trek
en die son die aarde tugtig
soos als deur die tyd verloop... Posted by Picasa