Die uwe Johnny Malgas.
Wednesday, July 25, 2007
Hello dames en here. Dit is weer tyd vir die wonderlike ervaring van ouds. Hou duime vas en gooi die wa oor die drif. Voor ons verder gaan in hierdie tyd van onmin en wederegse stryery onder wie nou eintlik die septor swaai, dink ek dat dit tyd is om prontuit oor die situasie van Suid Afrikaanse onderwys te gesels. u word hartlik uitgenooi om u mening te lig en staan vry om reguit sonder enige doekies vir dames om te draai nie. Ek sal weekliks aan u terug rapporteer en dit so oop as mmontlik hou. By voorbaat dank.
Die uwe Johnny Malgas.
Die uwe Johnny Malgas.
Tuesday, April 10, 2007
Monday, March 12, 2007
Laurie Anderson - O Superman
As the birds gather to embrace life as the embrio the earth embound between souls of the sky, we Sing.
Monday, March 05, 2007
Welkom in 2007. Miskien nog n verbete stryd teen die vrae in jou en ander om jou of dalk net die tydperk van selfvervulling of selfaktualisasie. Wat ook al die geval mag wees, een ding is verseker: "Die sewende jaar van die nuwe millenium is hier. Die heilige nommer, die goue kalf en dalk die gesalfde seun.
Die jaar waarin sekere dinge gaan gebeur en sekere dinge sonder enige waarskuwing tot skok of ongeloof kan lei. Twee wereldbekers in hierdie heilige jaar. Een 'n moontlikheid en die ander 'n ver verwyderde droompie of vuurhoutjie op die bodem van die Sein.
Maar nou ja, drome eers daar gelaat. Die heilige jaar het ook 'n sogenaamde heilige lied die lig laat sien en is tans besig om al wat politikus genoem word besig te hou met vrae soos "Wie is die boere? Waarheen word hul gelei? Wie en wat is 'n verregse presies? Hierdie eentonige lied het die land so aan wemel dat daar weer geleentheid is vir 'n Stander, Kebble of selfs Shaik om die kat in die donker te steel. Wie ookal hierdie jaar as die lydende generaal uit die stof sal rys, is een om op te wag. Of is die dreunende woorde dalk net die laaste blêr van 'n keelaf bok?
Maar ja baie dinge kan nog oor die heilige sewe gesê word en baie dinge gaan nog gesê word. Maar vir eers: "Hou die ligte aan en kyk gereeld of jou pols nog klop.
Voltyds vrede.
PietTarries

Friday, February 23, 2007
Monday, October 30, 2006
Subscribe to:
Posts (Atom)