Tuesday, April 10, 2007

Gedig deur ISA

Dis 'n lewe vol geloof
in 'n wereld sonder vrede...
Dit is wat Hy beloof
as ons glo in ons gebede

Dis uitsien na eendag
in 'n duister hede
Dis 'n kind wat lag
gered na 'n donker verlede

Monday, March 12, 2007

Laurie Anderson - O Superman

As the birds gather to embrace life as the embrio the earth embound between souls of the sky, we Sing.

Monday, March 05, 2007

Welkom in 2007. Miskien nog n verbete stryd teen die vrae in jou en ander om jou of dalk net die tydperk van selfvervulling of selfaktualisasie. Wat ook al die geval mag wees, een ding is verseker: "Die sewende jaar van die nuwe millenium is hier. Die heilige nommer, die goue kalf en dalk die gesalfde seun.

Die jaar waarin sekere dinge gaan gebeur en sekere dinge sonder enige waarskuwing tot skok of ongeloof kan lei. Twee wereldbekers in hierdie heilige jaar. Een 'n moontlikheid en die ander 'n ver verwyderde droompie of vuurhoutjie op die bodem van die Sein.

Maar nou ja, drome eers daar gelaat. Die heilige jaar het ook 'n sogenaamde heilige lied die lig laat sien en is tans besig om al wat politikus genoem word besig te hou met vrae soos "Wie is die boere? Waarheen word hul gelei? Wie en wat is 'n verregse presies? Hierdie eentonige lied het die land so aan wemel dat daar weer geleentheid is vir 'n Stander, Kebble of selfs Shaik om die kat in die donker te steel. Wie ookal hierdie jaar as die lydende generaal uit die stof sal rys, is een om op te wag. Of is die dreunende woorde dalk net die laaste blêr van 'n keelaf bok?

Maar ja baie dinge kan nog oor die heilige sewe gesê word en baie dinge gaan nog gesê word. Maar vir eers: "Hou die ligte aan en kyk gereeld of jou pols nog klop.

Voltyds vrede.
PietTarries

Friday, February 23, 2007

Oh Superman!!!!!
As the birds gather on the formless land we devide soullessly into the darkness gathering in thy eyes. Follow! Yes follow the light and light the torch surrounding the dark spots. The spots of the soul became powder in her hands!!

Monday, October 30, 2006

Die meerkat in die somerson het sowaar 'n hobby!!!
PietTarries se woning by die see!!!!!!!!

Tuesday, October 10, 2006

Graaff-Reinet
Net buite Graaff-Reinet le hierdie klein paradys en ook die woning van die akkedis (sien onder).
Vrystaat!!!!
Dis is alweer daardie tyd van die jaar!!!
Die wittruie!!!!!!

Monday, October 02, 2006

Adolph
In die winter van '74 het hierdie indivudie die tog aangepak en homself voorbery vir die slag van die Somerson. Met die merkat reeds op vrye voet en die tyd stadig besig om uit te loop, was daar net een uitweg...
Net na sononder is die tog aangepak en Adolph is nooit weer gewaar nie.

Riaan & JP...
... en toiletpapier en skoene en mags... Ek hoef niks verder te se nie

Saturday, September 30, 2006

Sing
Die gekunstelde het saamgedrom en met musiek die meevoering van ode en die sameswering van boheemse samesyn bevestig.Met die woorde van "red die saaier, skiet die maaier" word die geboorte van verdere teenstellings en bevindinge rondgeslinger. Die donkerte begin wel met sy swelling en in die gees van die wingerd word die filosofiese benadering sterker en die fondamentele vrae van bestaan en alles rondom aangeraak. Met klanke van vingers op snare en stemme word als duidelikker, maar sink tog weg in onaangeraakte vrese. Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars, deur Hy wat ons liefgehad het...


Thursday, September 28, 2006

Prosudure vir die Versadiging van wyn.
Wyn is 'n primitiewe alkoholiese drankie wat saam met verskeie geregte tot 'n wenkombinasie bydrae. Wyn kan egter ook op 'n alternatiewe wyse, verwyderd van geregte, genuttig word. As individuele aanvulling tot die daaglikse vloeistof-inname vorm wyn 'n melancholiese verwesentlikking van die siel en sy onmiddellikke omgewing. In figure 1 tot 3 word die nuttiging van die alombekende alternatiewe wyse ten toon gestel soos dit in die natuur figureer.

Fig1-3.
Die Son Skyn Al Heeldag.

Die fotos vertel van 'n interresante "incounter" met 'n akkedis:-)
Hy't my lank laat wag voor hy uiteindelik uitgekruip het en heel bewus van my teenwoordigheid in die son gaan bak het.
OOO Vleisfees!!

Calvinia Vleisfees, 2006. Philip en Leonard (Zap)
'n Naweek van stof, beeskak en genoeg dronk boere vir 'n tweede oorlog.
Meet the babybirds!

Wednesday, September 27, 2006

Windpomp in die Hantam.
Van Ryneveldspas Dam
Die dam het in 1986 laas oorgeloop. Hier staan ek twintig jaar later en sien hoe die water oor die wal stoot met die hulp van die wind. Amper...

Tuesday, September 26, 2006

Peacepipe

Die Vryheids-Indiaan besig om sy peacepipe te stop. Gaan rook 'n pyp
HIER!
Wink wink...
In die donker woestyn het die winter stadig nader getrek terwyl die swart manderyn en sy blaffende kamaraad agter die verborge koppies geskuil het. Met die swaar gedagtes van die vorige dag moes hy homself uit die kloue van die koue kry. Met die houtsteel en gebreekte swastika vleg hy vinnig twee stukke leer aanmekaar. Die een riem van die verlore bees in die vlei en die tweede...

Die tweede van sy getroue kamaraad.
Kobus en Riaan

Hier het ons te make met twee rare spesies. Die Atlametiese Koringkat (Lings) en die Bengaalse Bos-aap (regs). Met verweerde siele word getuienis afgele van 'n 30-3 nederlaag.