As the birds gather to embrace life as the embrio the earth embound between souls of the sky, we Sing.
Monday, March 12, 2007
Monday, March 05, 2007
Welkom in 2007. Miskien nog n verbete stryd teen die vrae in jou en ander om jou of dalk net die tydperk van selfvervulling of selfaktualisasie. Wat ook al die geval mag wees, een ding is verseker: "Die sewende jaar van die nuwe millenium is hier. Die heilige nommer, die goue kalf en dalk die gesalfde seun.
Die jaar waarin sekere dinge gaan gebeur en sekere dinge sonder enige waarskuwing tot skok of ongeloof kan lei. Twee wereldbekers in hierdie heilige jaar. Een 'n moontlikheid en die ander 'n ver verwyderde droompie of vuurhoutjie op die bodem van die Sein.
Maar nou ja, drome eers daar gelaat. Die heilige jaar het ook 'n sogenaamde heilige lied die lig laat sien en is tans besig om al wat politikus genoem word besig te hou met vrae soos "Wie is die boere? Waarheen word hul gelei? Wie en wat is 'n verregse presies? Hierdie eentonige lied het die land so aan wemel dat daar weer geleentheid is vir 'n Stander, Kebble of selfs Shaik om die kat in die donker te steel. Wie ookal hierdie jaar as die lydende generaal uit die stof sal rys, is een om op te wag. Of is die dreunende woorde dalk net die laaste blêr van 'n keelaf bok?
Maar ja baie dinge kan nog oor die heilige sewe gesê word en baie dinge gaan nog gesê word. Maar vir eers: "Hou die ligte aan en kyk gereeld of jou pols nog klop.
Voltyds vrede.
PietTarries

Friday, February 23, 2007
Monday, October 30, 2006
Tuesday, October 10, 2006
Monday, October 02, 2006
Saturday, September 30, 2006
Sing

Die gekunstelde het saamgedrom en met musiek die meevoering van ode en die sameswering van boheemse samesyn bevestig.Met die woorde van "red die saaier, skiet die maaier" word die geboorte van verdere teenstellings en bevindinge rondgeslinger. Die donkerte begin wel met sy swelling en in die gees van die wingerd word die filosofiese benadering sterker en die fondamentele vrae van bestaan en alles rondom aangeraak. Met klanke van vingers op snare en stemme word als duidelikker, maar sink tog weg in onaangeraakte vrese. Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars, deur Hy wat ons liefgehad het...

Thursday, September 28, 2006
Prosudure vir die Versadiging van wyn.
Wyn is 'n primitiewe alkoholiese drankie wat saam met verskeie geregte tot 'n wenkombinasie bydrae. Wyn kan egter ook op 'n alternatiewe wyse, verwyderd van geregte, genuttig word. As individuele aanvulling tot die daaglikse vloeistof-inname vorm wyn 'n melancholiese verwesentlikking van die siel en sy onmiddellikke omgewing. In figure 1 tot 3 word die nuttiging van die alombekende alternatiewe wyse ten toon gestel soos dit in die natuur figureer.

Fig1-3.

Wednesday, September 27, 2006
Tuesday, September 26, 2006
Wink wink...
In die donker woestyn het die winter stadig nader getrek terwyl die swart manderyn en sy blaffende kamaraad agter die verborge koppies geskuil het. Met die swaar gedagtes van die vorige dag moes hy homself uit die kloue van die koue kry. Met die houtsteel en gebreekte swastika vleg hy vinnig twee stukke leer aanmekaar. Die een riem van die verlore bees in die vlei en die tweede...
Die tweede van sy getroue kamaraad.

Subscribe to:
Posts (Atom)